Aurora v d Berg: My gunsteling plek om by te koop...
Jy stap by die deur in en word oorweldig deur al die wonderlike keuses. Jy word hartlik verwelkom en dan begin die uitdaging van wat om te kies. Dit is en bly my gunsteling plek op by te koop.
A3: Smaak soos my ouma se gebak...
Elsa's is my redding! Dalk voel menige werkende vrou so! "Haar" gebak smaak soos my ouma dit gemaak het.
Anoniem: Altyd vars en goeie kwaliteit...
Heerlikste tuisgebak, altyd vars, goeie kwaliteit. Vriendelike, professionele diens. Oor as genoeg verskeidenheid.
Ena & Lizl Dannhauser: Fantasties, pragtig en smaaklik...
Baie baie dankies vir 3 x soutborde en 1 x vrugte sosaties! Fantasties, pragtig en o! so keurig EN SMAAKLIK. Al die vriendinne het die telefoonnommer van Elsa's gevra! So ekskuus as julle oonde te besig gaan wees na ons bestelling! En o! in die pragtige wit borde lyk en proe alles ook net 200%. Baie dankie.
Lucia: Heerlike, gesonde middagetes...
Elsa's is my gunsteling stopplek voor ek kinders by die skool oplaai. Ek kan altyd heerlike vars, gesonde middagetes kry. Hulle kos is altyd lekker en vars.
Eluere Kruger: Alles en nog meer by Elsa's...
Ek kry altyd wat ek soek, nodig het en nog meer by Elsa's. En dit proe of dit uit mense se eie kombuis kom - Redding Internasionaal!!
Adre: Elsa's is altyd daar...
Ons het nie altyd tyd of "KRAG" nie maar Elsa's is altyd daar en dit smaak soos ouma s'n.
Submit your testimonial
|